11 Mei: Sedibeng registreer 26 Covid-19 gevalle
Sedibeng het volgens die nuutste beskikbare getalle nou 26 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 8 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 18 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 17, Midvaal 6 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 3. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
Daar is in totaal reeds 1 952 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 305 herstel het en 22 gesterf het. Daar is dus nog 647 aktiewe gevalle.
- Daar is ook twee Covid-19 gevalle in Metsimaholo (Sasolburg/Zamdela) geregistreer, wat onder die Vrystaat geklasifiseer word.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 079 (838 herstel) = 241 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 435 (306 herstel) = 129 aktiewe gevalle
Tshwane – 285 (117 herstel) = 168 aktiewe gevalle
Wes Rand – 61 (36 herstel) = 25 aktiewe gevalle
Sedibeng – 26 (8 herstel) = 18 aktiewe gevalle
Nie toegeken aan spesifieke streek – 66



