Local newsNewsNews
Verkeerslig weer eens buite werking, lei tot ongeluk
VANDERBIJLPARK. - Die verkeerslig by die Langenhoven- en Faraday-kruising naby Vaal Mall in die dorp is reeds vir 'n geruime tyd 'n doring in die vlees vir inwoners wat van dié roete op 'n daaglikse basis gebruik maak, want dit is gereeld buite werking.
Dit veroorsaak gereeld frustasie en ‘n verkeersopeenhoping, maar vanmiddag net na 16:00 het dit ook tot ‘n ernstige ongeluk gelei toe ‘n motoris vermoedelik nie besef het dat die verkeerslig nie werk nie en voor ‘n ander voertuig ingery het. Die impak het daartoe gelei dat die Mazda Drifter gerol het en die bestuurder van die voertuig moes hospitaal toe geneem word vir behandeling.
Die bestuurder van die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was het slegs ligte beserings opgedoen en was vir ‘n geruime tyd op die toneel voordat hy later self huistoe gery het.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



