Local newsNewsNews

Lockdown-foto’s stroom van oral in

Vaalweekblad is verheug oor die groot belangstelling en die ondersteuning waarmee lockdown-fotograwe vanuit die Vaal en ook ver buite ons grense, selfs sover as Saldanhabaai, hul foto's instuur sodat dit met ander lesers en volgers gedeel kan word. In hierdie tydperk is dit voorwaar lekker om iets mooi en postief te kan publiseer. Vaalweekblad is beïndruk en trots met die foto's wat op 'n daaglikse basis ontvang word. Geniet die pragtige oes!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Amanda Vermeulen van Kempton Park het met lig gespeel om die mooi kunstige foto vas te vang.
Anita Bester, ook van Kempton Park, het hierdie pragtige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie Iris afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie pragtige natuurfoto geneem.
Cherize Grobler van Sasolburg het die mooi skemerfoto geneem.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie geveerde kuiergas afgeneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het hierdie mooi varkoor afgeneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto ingestuur.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die mooi naby-foto van ‘n duif geneem.
Die pragtige natuurfoto behoort aan Johan Froneman van Vanderbijlpark.
June Bartlett van George het die pragtige foto ingestuur.
Magda Maire van Arconpark, Vereeniging het die kostelike foto van Merlin wat vir Layla ‘n soentjie gee, terwyl hulle in die sonnetjie ontspan, ingestuur.
Mari Blignaut van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het die interessante foto ingestuur.
Louise Viljoen het die pragtige foto in sagte pienk ingestuur.
Linda Mocke van Meyerton het die pragtige makro foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button