Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe bly op-en-wakker

Die "lockdown-fotograwe" is ingestel op alles rondom hulle en laat nie sommer 'n goeie fotogeleentheid deur hul vingers glip nie. As die son sak en 'n mooi sonsondergang wink staan hulle gereed. As daar 'n besoeker in die tuin opdaag word die kamera nader getrek. As daar 'n mooi blom in die tuin is moet hy afgeneem word, en moenie eers praat van woef en kieterkat nie ... en daarvoor bedank ons julle! Hou so aan fotograwe!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige herfstoneel afgeneem.
Amanda Vermeulen van Kempton Park, wat aan die destydse HS Vereeniging matrikuleer het, het hierdie prag-foto in haar tuin geneem.
Twanette Pieterse, oud-Valie, het hierdie besondere sonsondergang al die pad van Saldanhabaai gestuur.
Hierdie gevreetjie is Peek-a-choo, Eileen Pretorius van Alberton se model.
Cherize Grobler van Sasolburg het hierdie akkedis wat lekker in die son lê en bak afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie besoeker in haar tuin verwelkom.
Natasja Kruger van Vereeniging het die wollerige viervoet wat lekker lê en slaap afgeneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Leandra Coetzee van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
Gail Schultz, nog ‘n oud-Valie, wys hoe mooi dit lyk as die son in Mosselbaai sak.
Karin Cronjé van Standerton het die prag-foto geneem.
Magda Maire van Vereeniging het hierdie mooi foto sommer op haar patio afgeneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die stillewe afgeneem.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het hierdie mistige natuurtoneel afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie interessante foto van geroeste kettings geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button