NewsBreaking News
Comrades gekanselleer
Die 2020 Comrades Marathon sal nie plaasvind nie. Die wedloop is nou amptelik gekanselleer. Die finale besluit oor die wedloop is Donderdag deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) gekommunikeer nadat daar met die Comrades Marathon Vereniging (CMA) en Atletiek KwaZulu-Natal beraadslaag is. Die CMA het die wedloop in April tot verdere kennisgewing uitgestel maar nou …
Die 2020 Comrades Marathon sal nie plaasvind nie. Die wedloop is nou amptelik gekanselleer.
Die finale besluit oor die wedloop is Donderdag deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) gekommunikeer nadat daar met die Comrades Marathon Vereniging (CMA) en Atletiek KwaZulu-Natal beraadslaag is.
Die CMA het die wedloop in April tot verdere kennisgewing uitgestel maar nou besluit dat dit gekanselleer sal word.
Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog (1941 – 1945) wat die wedloop uitgestel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





