Local newsNewsNews

Nog prag-foto’s om op trots te wees

Daar word glo daagliks sowat 350 miljoen foto's op Facebook gelaai teen die spoed van 14,58 miljoen foto's per uur, 243 00 per minuut en 4 000 per sekonde. Vaalweekblad is dus trots om danksy ons talentvolle "lockdown-fotograwe" ons beskeie bydrae te kan maak. Geniet vandag se pragtige oes!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie prag-weerkaatsing op die rivier in Vanderbijlpark afgeneem.
Anita Bester van Kempton Park het hierdie uitstekende makrofoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi voël in haar tuin afgeneem.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie kunstige monochroom foto geneem.
Oud-Valie Gail Schultz van Mosselbaai het die mooi foto van haar verloofde in skemer atmosfeer afgeneem.
June Bartlett van George was baie gelukkig om ‘n feëtjie in haar tuin te vind.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi roos in haar tuin afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton laat amper mens oë begin traan met die besondere mooi foto.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige vlinder afgeneem.
Karin Cronjé van Standerton laat mens met heimwee terug verlang na jare lank reeds verby.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang afgeneem.
Magda Maire van Vereeniging se Pippie in haar gunsteling slaapposisie.
Natasja Kruger van Vereeniging speel met die kleur “rooi”. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Cherize Grobler van Sasolburg het die kunstige natuurfoto ingestuur.
Mari Blignaut van Vanderbijlpark het die foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button