Local newsNewsNews

Liefde vir fotografie is duidelik sigbaar

'n Mens kan sommer sien dat die "lockdown-fotograwe" dit geniet om foto's te neem. Wanneer enigiets met passie gedoen word wys dit in die eindresultaat. Vaalweekblad kan sien dat die fotograwe dit geniet en ons geniet dit beslis saam met julle. Hier is vandag se bydrae. (Please keep on clicking!)

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Anita Bester van Kempton Park het die prag-foto ingestuur. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Hanti Pretorius van Vereeniging het die geel roos afgeneem.
Karin Cronje van Standerton se hart en oog het saamgespan om die mooi foto op te dis.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige natuurfoto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige grys reier afgeneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die pratige blou aandtoneel afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi vlinder in haar tuin betrap en afgeneem.
Natasja Kurger van Vereeniging het die monochroom foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Retha Froneman van Vanderbijlpark het die monochroom verwerking ingestuur.
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die nie mooi vetplant in haar tuin misgekyk nie.
Mari Blignaut van Vanderbijlpark het die foto in die Ecopark in Vaalpark geneem.
Cherize Grobler van Sasolburg het hierdie foto van die klein knaagdiertjie ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button