Local newsNewsNews

Fotograwe fokus vandag op Moeder Natuur

Die "lockdown-fotograwe" het reeds keer-op-keer bewys dat hulle maklik in die skatkis van hul eie kreatiewe verbeelding kan delf vir foto idees, maar dit bly maar altyd lekker om die prag van Moeder Natuur te aanskou en te kan afneem. Vandag fokus die fotograwe op die natuur!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi sonstrale wat deur die boomtakke deurbreek vasgevang.
Anita Bester van Kempton Park het hierdie pragtige sonsondergang afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie besoeker in haar tuin afgeneem.
Die prag-foto is deur Eileen Pretorius van Alberton geneem.
Cherize Grobler van Sasolburg het die pragtige natuurtoneel afgeneem.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die kleurryke natuurfoto in haar tuin geneem.
Herfs is op die tafel! Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van ‘n roos ingestuur.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige natuurfoto geneem.
Manie Koekmoer van Vanderbijlpark het die besige by in die tuin afgeneem.
Karin Cronjé van Standerton het die pragtige pienk blommetjies afgeneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige natuurtoneel raakgesien en afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het haar blom kunstig verwerk.
Veronica Viljoen van Glen Donald, Meyerton, het hierdie pragtige blom afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button