Local newsNews

Gemeenskap en nie-winsgewende organisasie help om vir gesin nuwe tuiste te kry

VEREENIGING. – Skaars 72 uur nadat die Nelson-familie van Drie Riviere se huis in Generaal Hertzogweg afgebrand en die familie al hul besittings in die brand verloor het, het hulle in hul nuwe huurhuis ingestap. Dit is alles te danke aan die hulp van Red Pepper Kids, ’n organisasie wat na die welstand van kinders …

VEREENIGING. – Skaars 72 uur nadat die Nelson-familie van Drie Riviere se huis in Generaal Hertzogweg afgebrand en die familie al hul besittings in die brand verloor het, het hulle in hul nuwe huurhuis ingestap.

Dit is alles te danke aan die hulp van Red Pepper Kids, ’n organisasie wat na die welstand van kinders omsien, ’n groep plaaslike sakemanne en die gemeenskap.

Die brand wat Dinsdagmiddag 12 Mei omstreeks 15:30 vermoedelik weens ’n kortsluiting by die Neslon se huis in Generaal Hertzogweg ontstaan het, het twee van die Nelson-familie se troeteldiere geëis en hulle met slegs die klere aan hul lyf gelaat.

Red Pepper Kids, ’n organisasie wat uit Laerskool Risiville se voedingskema ontstaan het in Januarie van 2018 amptelik as ’n nie-winsgewende organisasie gerigestreer is, sakemanne en lede van die gemeenskap het tot die gesin se redding gekom.

Op Vrydagmiddag 15 Mei het om 17:00 was daar trane in lede van die Nelson-familie se oë toe hulle in ’n ten volle gemeubileerde huurhuis in Drie Riviere Proper ingestap wat met kos en ander noodsaaklikhede voorsien is.

Volgens Henriette Marx, stigter en direkteur van Red Pepper Kids, het ’n groep plaaslike sakemanne besluit om die familie se huur vir die volgende ses maande te betaal om hulle ’n kans te gee om op hul voete te kom.

Danksy skenkings en donasies kon die familie se koskaste ook gevul word.

Koppies, pierings, borde, eetgerei, meubels en ander noodsaaklikhede is ook vir die Nelsons aangekoop.

Volgens Marx sou dit nie moontlik gewees het sonder die hulp van die gemeenskap nie.

“Dit was ‘n absolute voorreg om hierdie klein projekkie… aanmekaar te slaan. Aan elke liewe person betrokke, aan elke donasie, aan elke stukkie meubel, elke stukkie klere, elke pragtige koppie. Baie, baie, baie dankie,” het sy gesê.

Die Nelson-familie het ook hul dank betoon.

“Ek wil net vir elke een van julle baie, baie dankie sê vir wat julle gedoen het vir ons. Ek het nie geglo daar is nog sulke mense nie. Die Here sal elkeen van julle op julle pad vorentoe seen,” het die 66-jarige Wanda Neslon gesê.

Sien volledig video hier:

https://youtu.be/GmZolr-WnWc

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button