Photo GalleriesSportSportSport

Mandy staan breed(t) in die visse se pad

VANDERBIJLPARK. – Van pap slinger en geskubde knewels inkatrol kan jy Mandy Breedt min vertel. Dié 35-jarige winkelsbestuurder van Vanderbijlpark het in 2019 een van haar lewensdrome bewaarheid toe sy Protea-kleure in hengel verwerf het. Die visvang-gogga het haar in 2010 gebyt toe sy en haar man, Barend vir amper vier jaar lank elke naweek …

VANDERBIJLPARK. – Van pap slinger en geskubde knewels inkatrol kan jy Mandy Breedt min vertel.

Dié 35-jarige winkelsbestuurder van Vanderbijlpark het in 2019 een van haar lewensdrome bewaarheid toe sy Protea-kleure in hengel verwerf het. Die visvang-gogga het haar in 2010 gebyt toe sy en haar man, Barend vir amper vier jaar lank elke naweek sosiaal gehengel en gekamp het.

“My liefde vir hengel het deur my man ontwikkel wat van kleins af mal is oor visvang.  Ons het in 2013 by ‘n klub aangesluit en aan kompetisies en proewe begin deelneem,” vertel sy.

Volgens haar verander die hele prentjie sodra jy mededingend begin hengel. “Jou vaardigehde verbeter dan vining. Verskillende werptegnieke is belangrik vir verskillende afstande. Dit is ook belangrik om verskillende oewers te leer ken en daarvolgens aan te pas. Jy leer vinnig om die agt ure van ‘n kompetisie voluit te benut,” sê sy.

Dié oud-leerling aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gaan binnekort in die nuutgevonde Vaal Sportmuseum saam met ander Vaaldriehoekse Protea-sportlui vereer word.  2019 was inderdaad ‘n groot jaar vir haar toe sy haar Protea- en Drienasies-kleure by Nautedam in Namibië verwerf het.

Sy is dit eens dat harde werk en selfvertroue die hoekstene is waarop sy haar welslae gebou het, maar dat die regte gerei en toerusting baie belangrik is as jy mededingend wil wees.

“Jy kan nie met enige stok of katrol medingend hengel nie, omdat jy jouself sal frustreer. Jy sal ook sukkel om te presteer,” gee sy te kenne. Wanneer die grendeltydperk eendag verby is, hoef mens nie te raai waarheen die Breedt-egpaar gaan nie…. hulle gaan viswaters toe.

Related Articles

 
Back to top button