19 Mei: 22 nuwe Covid-19 verwante sterfgevalle in SA
Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand bekend gemaak is, is daar nou 16 433 gevalle nadat daar nog 919 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 15 515). Daar is ook 22 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 286 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 7 298 pasiënte herstel. Daar is nog 8 849 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 475 071 toetse regoor die land gedoen.

Sedibeng het volgens gister se getalle 39 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 13 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 26 aktiewe gevalle. Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 27, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook 1 geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.
- * Inligting en statistiek en inligting vanaf World Health Organization / Covid-19 Worldometer webblad / Covid-19 Information Centre.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 10 035 (166 sterftes) en (3 731 wat herstel het)
Gauteng – 2 343 (26 sterftes) en (1 657 wat herstel het)
Oos-Kaap – 2 052 (39 sterftes) en (839 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 567 (45 sterftes) en (818 wat herstel het)
Vrystaat – 163 (6 sterftes) en (108 wat herstel het)
Limpopo – 88 (3 sterftes) en (37 wat herstel het)
Mpumalanga – 76 (0 sterftes) en (53 het herstel)
Noordwes – 72 (1 sterftes) en (28 het herstel)
Noord-Kaap – 37 (0 sterftes) en (27 het herstel)
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 894 278 (gister was dit 4 805 210). Tot dusver het die virus reeds 320 188 lewens geëis (gister was dit 316 732) en 1 908 111 het herstel (gister was die aantal 1 860 050). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 213 lande wat gebuk gaan onder die virus.
Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 550 294 (vorige aantal 1 527 664) en 91 981 sterftes (vorige aantal was 90 978). ‘n Totaal van 356 383 het tot dusver van die virus herstel.
- Rusland – 290 678 gevalle (vorige aantal 281 752) en 2 722 sterftes.
- Spanje – 278 188 gevalle (vorige aantal was 277 719) en 27 709 sterftes.
- Brazil het opgeskuif – 255 368 gevalle (vorige aantal 241 080) en 16 853 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 246 406 gevalle (vorige aantal 240 161) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 34 796.
- Italië – 225 886 gevalle (vorige aantal 225 435) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 007.
- Frankryk – 179 927 gevalle (vorige aantal 179 569) en 28 239 sterftes.
- Duitsland – 177 289 gevalle (vorige aantal 176 651) en 8 123 sterftes.
- Turkye – 150 593 gevalle (vorige aantal 148 067) en 4 171 sterftes.
- Iran – 122 492 gevalle (vorige aantal 120 198) en 7 057 sterftes.
- * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 960 gevalle (vorige aantal 82 954) en 4 634 sterftes. Daar is nog net 85 aktiewe gevalle in die land).



