NewsNews

Lockdown-fotograwe hou alles met ‘n fyn oog dop

Die "lockdown-fotograwe" hou alles met 'n fyn oog (en 'n vinnig hand op die kamera se sneller) dop.  Daar is dus weer 'n puik versameling wat vandag gedeel kan word.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Rina Gertzen het met haar eerste probeerslag daarin geslaag om die mooi foto van die pienk maan te neem.
Anita Bester van Kempton Park het ‘n besondere aanvoeling vir kunsfotografie soos hierdie foto weer eens kan getuig.
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige patroon van die droë blare gemerk en kunstig vasgevang.
Bennie Henning van Germiston het die mooi in hierdie pragtige vetplant raakgesien en afgeneem.
Retha Froneman van Vanderbijlpark het hierdie mooi monochroom foto geneem.
Met hierdie puik foto van Dricky Gouws van Vanderbijlpark kyk haar “model”amper reg deur jou siel.
Walter Janeke van Vanderbijlpark het die foto 7 dae voor die inperking ingestel is by die Mosselbaai Punt-karavaanpark geneem.
Eileen Pretorius van Alberton het die twee maatjies afgeneem … is hulle nie te oulik nie?
Natasja Kruger van Vereeniging het die mooi sonsondergang afgeneem.
Odd one out! Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Centurion het die makro foto van ‘n perdeby geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark trek mens behoorlik in met die pragtige makro foto.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die “angry bird” geneem. 
Less is more! Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button