NewsNews

20 Mei: SA registreer 17 200 Covid-19 gevalle

Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand bekend gemaak is, is daar nou 17 200 gevalle nadat daar nog 768 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 16 433). Daar is ook 26 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 312 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 7 960 pasiënte herstel. Daar is nog 8 928 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 488 609 toetse regoor die land gedoen.

Sedibeng het tans 39 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 13 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 26 aktiewe gevalle. Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 27, Midvaal 7 en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 4. Daar is ook 1 geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

  • * Inligting en statistiek en inligting vanaf World Health Organization / Covid-19 Worldometer  webblad / Covid-19 Information Centre.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 10 639 (187 sterftes) en (4 363 wat herstel het)

Gauteng – 2 361 (27 sterftes) en (1 671 wat herstel het)

Oos-Kaap – 2 135 (41 sterftes) en (839 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 616 (46 sterftes) en (818 wat herstel het)

Vrystaat – 168 (6 sterftes) en (118 wat herstel het)

Limpopo – 94 (3 sterftes) en (39 wat herstel het)

Mpumalanga – 78 (0 sterftes) en (57 het herstel)

Noordwes – 72 (1 sterftes) en (28 het herstel)

Noord-Kaap – 37 (1 sterftes) en (27 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 989 095 (gister was dit 4 894 278). Tot dusver het die virus reeds 324 966 lewens geëis (gister was dit 320 188) en 1 959 260 het herstel (gister was die aantal 1 908 111). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 213 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 570 583 (vorige aantal 1 550 294) en 93 533 sterftes (vorige aantal was 91 981). ‘n Totaal van 361 180 het tot dusver van die virus herstel.
  • Rusland – 299 941 gevalle (vorige aantal 290 678) en 2 837 sterftes.
  • Spanje – 278 803 gevalle (vorige aantal was 278 188) en 27 778 sterftes.
  • Brazil – 261 885 gevalle (vorige aantal 255 368) en 17 983 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 248 818 gevalle (vorige aantal 246 406) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 35 341.
  • Italië – 226 699 gevalle (vorige aantal 225 886) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 169.
  • Frankryk – 180 809 gevalle (vorige aantal 179 927) en 29 022 sterftes.
  • Duitsland – 177 827 gevalle (vorige aantal 177 289) en 8 193 sterftes.
  • Turkye – 151 615 gevalle (vorige aantal 150 593) en 4 199 sterftes.
  • Iran – 124 603 gevalle (vorige aantal 122 492) en 7 119 sterftes.

 

  • * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 965 gevalle (vorige aantal 82 960) en 4 634 sterftes. Daar is nog net 87 aktiewe gevalle in die land).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button