21 Mei: Reeds meer as 5 miljoen Covid-19 gevalle regoor wêreld
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle het die 5 miljoen kerf verby gesteek en daar is nou reeds 5 090 157 amptelik geregistreerde gevalle (gister was dit 4 989 095). Tot dusver het die virus reeds 329 739 lewens geëis (gister was dit 324 966) en 2 024 329 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 1 959 260). Hierdie getalle sal deur die loop van die dag meer word wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee. Daar is tans 213 lande regoor die wêreld wat gebuk gaan onder die virus.

Volgens gisteraand se nuwe getalle wat bekend gemaak is, is daar nou 18 003 Covid-19 gevalle in SA. Die vorige aantal was 17 200 wat beteken dat daar 803 nuwe gevalle bygekom het. Daar is ook 27 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 339 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 8 950 pasiënte herstel. Daar is nog 8 714 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 506 861 toetse regoor die land gedoen.
Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 28 (waarvan 9 herstel het), Midvaal 7 (waarvan 1 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
- * Inligting en statistiek en inligting vanaf World Health Organization / Covid-19 Worldometer webblad / Covid-19 Information Centre.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 11 262 (210 sterftes) en (5 105 wat herstel het)
Gauteng – 2 400 (27 sterftes) en (1 694 wat herstel het)
Oos-Kaap – 2 215 (45 sterftes) en (1 036 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 650 (46 sterftes) en (842 wat herstel het)
Vrystaat – 180 (6 sterftes) en (118 wat herstel het)
Limpopo – 93 (3 sterftes) en (42 wat herstel het)
Mpumalanga – 93 (0 sterftes) en (58 het herstel)
Noordwes – 72 (1 sterftes) en (28 het herstel)
Noord-Kaap – 38 (1 sterftes) en (27 het herstel)
Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 593 039 (vorige aantal 1 570 583) en 94 941 sterftes (vorige aantal was 93 533). ‘n Totaal van 370 812 het tot dusver van die virus herstel.
- Rusland – 308 705 gevalle (vorige aantal 299 941) en 2 972 sterftes.
- Brazil het nog hoër opgeskuif – 293 357 gevalle (vorige aantal 261 885) en 18 894 sterftes.
- Spanje – 279 524 gevalle (vorige aantal was 278 803) en 27 888 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 248 293 gevalle (vorige aantal 246 406) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 35 704.
- Italië – 227 364 gevalle (vorige aantal 226 699) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 330.
- Frankryk – 181 575 gevalle (vorige aantal 180 809) en 28 132 sterftes.
- Duitsland – 178 531 gevalle (vorige aantal 177 827) en 8 270 sterftes.
- Turkye – 152 587 gevalle (vorige aantal 151 615) en 4 222 sterftes.
- Iran – 126 949 gevalle (vorige aantal 124 603) en 7 183 sterftes.
- * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 967 gevalle (vorige aantal 82 965) en 4 634 sterftes. Daar is nog net 84 aktiewe gevalle in die land).



