Local newsNewsNews

Die lewe deur lockdown-fotograwe se lens gesien

Met alles wat verkeerd gaan en sleg is, is daar steeds baie dinge wat mooi is en om voor dankbaar te wees in die lewe. Mens moet maar net soms mooi kyk om te raak te sien. Die lockdown-fotograwe se bydraes vir vandag kan dalk daarmee help. Kyk en geniet!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie spookagtige landskapfoto in die vroeë oggendure geneem.
Anita Bester van Kempton Park het hierdie kleurvolle makro foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het hierdie s(kat)tige foto geneem. Ai hoe lekker is die lewe nie!
Hoe rooier hoe mooier! Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het behoorlik in “gezoom” om die mooi foto te neem.
Hanit Pretorius van Vereeniging het met liefde die besoeker in haar tuin verwelkom en afgeneem.
Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die kaal bome geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die foto van die duifie wat in sonnetjie sit en bak geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie mooi foto in haar tuin geneem.
Lydia Wolmarans van Centurion het hierdie mooi foto van die maan geneem.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het hierdie smeulende foto geneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het hierdie mooi landskapfoto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie kunstige monochroom foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het ook ‘n kat wat lekker in die son sit en bak afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button