21 Mei: Sedibeng registreer 43 Covid-19 gevalle
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het volgens die nuutste beskikbare getalle wat vanmiddag deur die Gauteng Departement bekend gemaak is 43 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 14 pasiënte reeds van die virus herstel het. Dus is daar in totaal steeds 29 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 31 (waarvan 9 herstel het), Midvaal 7 (waarvan 2 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.
Daar is in totaal reeds 2 400 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 729 herstel het en 27 gesterf het. Daar is dus nog 671 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 62 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 238 (1 036 herstel) = 202 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 549 (395 herstel) = 154 aktiewe gevalle
Tshwane – 344 (241 herstel) = 103 aktiewe gevalle
Wes Rand – 72 (43 herstel) = 29 aktiewe gevalle
Sedibeng – 43 (14 herstel) = 29 aktiewe gevalle
Nie toegeken aan spesifieke streek – 154



