Lockdown-fotograwe se prag-natuurfoto’s
Moeder Natuur stel die fotograwe eenvoudig net nooit telleur nie. Kyk nou net na vandag se pragtige oes. Of dit nou net by die huis is, of tydens 'n lekker oggend uitstappie (tussens 06:00 en 09:00) natuurlik, daar is altyd iets mooi om af te neem. So wanneer jy gaan stap, vat gerus 'n kamera of selfoon saam en deel bietjie daardie mooi foto's.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.


















