NewsNews

Goeie nuus! Almal in Blommeland is gesond…

Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Mattewis en Karel Kat vermaak al vir dekades kinders en hul ouers.

Wie onthou nog die groen boekies met van die eerste Liewe Heksie stories? In die 70s het ek ‘n langspeelplaat met Blommeland stories gehad. In die 80s kon ons na hul avonture op TV kyk. In my lessenaarlaai is daar nog ‘n handpop Blommie wat na amper 40 jaar nog getrou gaan waar ek gaan.

Blommie Kabouter, hierdie handpop is ongeveer 40 jaar oud.

En nou is al die gunsteling karakters terug om na te luister op RSG. Op hul webtuiste, rsgplus.org het die radiostasie aangekondig dat oud en jonk vanaf 18 Mei elke weeksoggend om 10:45 na nuwe en ou bekende Heksie stories kan luister.

Nuwe Heksie stories? Ja! “Al is Verna Vels in 2014 oorlede het sy nog vir die veelbekroonde RSG Kunstefees ‘n paar splinternuwe Heksie-stories opgeneem met Kobus Burger as die regisseur.”

Ai, dit is sommer ‘n toon-omkrul-lekkerte. Moet nou net nie ‘n Heksie op jouself trek en bietjie vergeet van die tyd nie. Onthou, 10:45 elke weeksoggend! #Geniet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button