NewsNews

Vlak 4 Regulasies en besighede

EMFULENI. – Alhoewel dit wil lyk asof Gauteng na vlak 3 inperkingsregulasies gaan beweeg in Junie, geld alle beperkings van vlak 4 steeds.

Mense wat die regulasies soos vervat in die Staatskoerant, Vol. 658 van 29 April 2020, verontagsaam kan hulself ‘n boete, tronkstraf of albei op die hals haal. Vaalweekblad het verneem dat die SAPD, metro polisie en weermag  baie streng optree teen oortreders. Gaan lees gerus weer die amptelike regulasies by https://www.gov.za/documents/disaster-management-act-regulations-29-apr-2020-0000

Besighede wat tans CIPC sertifikate het om te mag funksioneer omdat hul ‘n essensiële diens verskaf moet seker maak die datum op die sertifikaat dui aan dat dit vir die verlengde inperkingstydperk geld. Alle werknemers van ‘n maatskappy, winkel of besigheied moet ook ten alle tye ‘n oorspronklike vorm, getiteld PERMIT TO PERFORM ESSENTIAL SERVICE REGULATION 11B (3) by hul hê, saam met ‘n foto identifikasie uitgereik deur die Departement van Binnelandse Sake. (Dus jou groen ID. Boekie of ID kaart). Die permit moet deur die eienaar of senior uitvoerende beampte van die maatskappy of onderneming onderteken word.

Informele of straat verkopers benodig ‘n permit soos uitgereik deur die munisipaliteit.

Indien ‘n besigheid wil aansoek doen om op vlak 4 oop te maak of dienste te lewer, moet hul ten eerste seker maak dat hul wel kan klassifiseer as ‘n essensiële diens. Dit kan gedoen word deur ‘n e-pos te stuur aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM) by lockdownexemptions@thedtic.gov.za. Die DHNM kan ook geskakel word by 080 000 6543 of 012 394 5560.

Geregistreerde Maatskappye wat kwalifiseer as ‘n essensieël kan dan aansoek doen vir ‘n CIPC sertifikaat aanlyn by https://bizportal.gov.za/essential_service.aspx. Die sertifikaat word dan afgelaai of per e-pos ontvang word waarna dit as bewys van toesteming om handel te mag dryf in die besigheid of winkel opgesit kan word. Let daarop dat die sertifikate dieselfde naam moet dra as waaronder die besigheid oorspronklik geregistreer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button