Local newsNewsNews

23 Mei: 20 van 43 Sedibeng Covid-gevalle herstel

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nogsteeds 43 geregistreerde Covid-19 gevalle, maar daar het intussen 20 van die pasiënte herstel. Dus is daar in totaal steeds 23 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 31 (waarvan 14 herstel het), Midvaal 7 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 521 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 840 herstel het en 29 gesterf het. Daar is dus nog 681 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 73 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 313 (1 081 herstel) = 232 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 565 (430 herstel) = 135 aktiewe gevalle

Tshwane – 361 (264 herstel) = 97 aktiewe gevalle

Wes Rand – 79 (45 herstel) = 34 aktiewe gevalle

Sedibeng – 43 (20 herstel) = 23 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 160

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button