NewsNews
23 Mei: Samevatting oor Covid-19 in ander lande
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle staan reeds op 5 334 765 gevalle (gister was dit 5 197 863). Tot dusver het die virus reeds 340 605 lewens geëis (gister was dit 334 680) en 2 178 229 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 2 082 950). Hierdie getalle sal deur die loop van die dag meer word wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 646 473 (vorige aantal 1 620 902) en 97 686 sterftes (vorige aantal was 96 354). ‘n Totaal van 403 312 het tot dusver van die virus herstel.
- Rusland – 335 882 gevalle (vorige aantal 317 554) en 3 388 sterftes.
- Brasilië – 333 937 gevalle (vorige aantal 310 910) en 21 145 sterftes.
- Spanje – 281 904 gevalle (vorige aantal was 280 117) en 28 628 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 254 195 gevalle (vorige aantal 250 908) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 36 393.
- Italië – 228 658 gevalle (vorige aantal 228 006) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 616.
- Frankryk – 182 219 gevalle (vorige aantal 181 826) en 28 289 sterftes.
- Duitsland – 179 713 gevalle (vorige aantal 179 021) en 8 352 sterftes.
- Turkye – 154 500 gevalle (vorige aantal 153 548) en 4 276 sterftes.
- Iran – 133 521 gevalle (vorige aantal 129 341) en 7 359 sterftes.
- * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 971 gevalle (vorige aantal 82 971) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is nog net 79 aktiewe gevalle in die land).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



