Local newsNewsNews

Iets mooi vir die oog op ‘n Sondag

Die naweek is amper weer verby en om te help om die naweek op 'n hoë noot af te sluit, het die lockdown-fotograwe weer 'n paar pragtige foto's ingestuur. Vaalweekblad deel dit met trots.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het hiedie mooi foto geneem.
Anita Bester van Alberton het ook ‘n besonder mooi kunstige foto ingestuur.
Ria Viljoen van Garsfontein se liefde vir die natuur het vir hierdie mooi foto gesorg.
Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi sonsondergang afgeneem.
Madré Fourie van Vanderbijlpark sê sy was gelukkig om op hierdie spinnekop af te kom terwyl hy aan sy vangs smul.
Hanti Pretrorius van Vereeniging het hierdie pragtige roos afgeneem.
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie vriendjie van nader ondersoek en afgeneem.
Natasja Kruger van Vereeniging maak mens lus om in die veld te gaan stap met hierdie foto.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie kunstige natuurfoto geneem.
Hierdie pragtige foto is deur Kirsty Jacobs van Sasolburg geneem.
Karin Cronjé van Standerton het hierdie mooi natuurtoneel op haar oggenduitstappie raakgesien en afgeneem.
Ria Viljoen van Garsfontein wys graag hoe word daar vroegoggend geoefen in dié dorp.
Veilig hier in my donker hoekie. Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button