Local newsNewsNews

24 Mei: Sedibeng het nou 45 geregistreerde Covid-19 gevalle

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 45 geregistreerde Covid-19 gevalle, maar daar het intussen 20 van die pasiënte herstel. Dus is daar in totaal steeds 25 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 32 (waarvan 14 herstel het), Midvaal 8 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 5 waarvan 3 herstel het. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 633 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 880 herstel het en 29 gesterf het. Daar is dus nog 753 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 88 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 342 (1 093 herstel) = 249 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 579 (452 herstel) = 127 aktiewe gevalle

Tshwane – 366 (268 herstel) = 98 aktiewe gevalle

Wes Rand – 86 (47 herstel) = 39 aktiewe gevalle

Sedibeng – 45 (20 herstel) = 25 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 215

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button