Local newsNewsNews

Pragfoto’s om die week mee af te skop

Dit is Maandag en die laaste week voordat die land na Vlak 3 van die nasionale inperking oorgaan. Hier is so paar mooi foto's om die laaste week van Vlak 4 met 'n goeie gemoed af te skop.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het haar “prinsessie” Jeané (amper 4 jaar), afgeneem terwyl sy op die uitkyk is vir diere doer in die verte van buite die gewilde Ecopark.
Anita Bester van Kempton Park het kreatief geraak met die oulike foto.
Bennie Henning van Germiston het ook sy kreatiewe talente ingespan en die mooi foto opgestel.
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi kanarie afgeneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuurfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die Geelbek Lyster wat besig was om goggas te vang, in sy tuin afgeneem.
Pierre Frourie van Vanderbijlpark het ook ‘n kunstige natuurfoto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die buitengewone, maar pragtige sonsondergangfoto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi mistige landskapfoto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die abstrakte foto van ‘n rasper geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Karin Cronjé van Standerton het ‘n voorliefde vir die natuur wat duidelik sigbaar in haar foto’s is.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is ‘n man wat daarvan hou om in die natuur te wees en het die mooi foto geneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het die mooi foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Manie Koekmoer van Vanderbijlpark was ook gelukkig om ‘n mooi natuurfoto te kry.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het die kunstige foto opgestel en afgeneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button