NewsNews

Capitec bank en G4S in middedorp beroof – Video materiaal: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Capitec bank in die Vaalgate Sentrum in Vanderbijlpark is ‘n paar minute gelede beroof toe ‘n G4S transito wa geld by die bank kom aflewer het. Volgens inligting is die ongeveer nege booswigte met ‘n kas geld deur die sentrum en sekerlik by een van die uitgange op vlug. Volgens ooggetuies het hulle een …

VANDERBIJLPARK. – Capitec bank in die Vaalgate Sentrum in Vanderbijlpark is ‘n paar minute gelede beroof toe ‘n G4S transito wa geld by die bank kom aflewer het.

Volgens inligting is die ongeveer nege booswigte met ‘n kas geld deur die sentrum en sekerlik by een van die uitgange op vlug. Volgens ooggetuies het hulle een van die werkers by die afleweringspunt van die geld oorval en haar selfoon ook gevat. Sy het by die bank ingestorm en geskree en gehuil dat hulle haar foon ook gevat het. Dit was kort na die bank oppgemaak het vanoggend. Niemand is in die voorval beseer nie en geen skote is geskied nie. Die polisie was vinnig op die toneel maar die rowers het weggekom.

VIDEO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button