Vragmotor ongeluk op R59 – man brand dood
Plaaslike motoriste moet kennis neem van 'n ongeluk wat op die R59 plaasgevind het.
Plaaslike motoriste moet kennis neem van ‘n ongeluk wat op die R59 plaasgevind het.
‘n Vragmotor en ‘n ligte voertuig het teen mekaar gebots, waarna die voertuie aan die brand geraak het. Die bestuurder van die Renault Clio het in die motor doodgebrand terwyl hy volgens ooggetuies probeer ontsnap het.
VIDEO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad).
Volgens die bestuurder van die vragmotor het die voertuig twee ander voertuie probeer verbysteek. Hy het teen die kop van die vragmotor gebots en onder die agterwiele tot stilstand gekom. Die voertuig het dadelik aan die brand geslaan.
‘n Groot gedeelte van die geelmieliemeel op die vragmotor het in die voertuig ingestroom. Later, toe die lyk verwyder is, is vasgestel dat sy voete vasgesit het. Die mieliemeel wat op die trok was se sakke het oopgebrand en die meel het feitlik die hele voertuig toegeval. Noodpersoneel en forensies was bykans vier ure op die toneel en is steed besig om die toneel op te ruim. Verkeer op die R59 in beide rigtings is erg ontwrig. – Jannie du Plessis (Mooivaal Media).







