Local newsNewsNews

Chaos toe dak afwaai

VANDERBIJLPARK. – Gister was daar chaos in President Krugerstraat in Vanderbijlpark toe die dak wat die Wimpie, apteek en ‘n paar ander winkels huisves, in die storm afgewaai het. Vier voertuie is in die voorval beskadig nadat die dak op hulle geval het. Niemand is in die voorval beseer nie maar ‘n vrou, mev Mmutle, wat …

VANDERBIJLPARK. – Gister was daar chaos in President Krugerstraat in Vanderbijlpark toe die dak wat die Wimpie, apteek en ‘n paar ander winkels huisves, in die storm afgewaai het.

Vier voertuie is in die voorval beskadig nadat die dak op hulle geval het. Niemand is in die voorval beseer nie maar ‘n vrou, mev Mmutle, wat in haar swart Toyota in die ryvlak was, is ongedeerd uit die voertuig gehaal deur ER24 personeel. Nuuskieriges het saamgedrom in die reën om die skade te aanskou. Die ander voertuie het geen insittendes gehad nie. Brandweer het later die middag die plate verwyder. VIDEO EN FOTO’S: Jannie du Plessis (Mooivaal Media).

 

 

watermarked-IMG_0511-1 (Small) watermarked-IMG_0516-1 (Small) watermarked-IMG_0528 (Small)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button