Local newsNewsNews

AfriForum stel reeks blogs oor Afrikaans op kampusse bekend

As deel van die aksies van AfriForum ter behoud en bevordering van Afrikaans op Suid-Afrikaanse kampusse, stel die organisasie vandag ’n nuwe reeks blogs bekend.

As deel van die aksies van AfriForum ter behoud en bevordering van Afrikaans op Suid-Afrikaanse kampusse, stel die organisasie vandag ’n nuwe reeks blogs bekend. Dit sal bestaan uit die vrywillige bydraes van ’n wye verskeidenheid onafhanklike meningsvormers wat almal sterk voel oor die behoud van Afrikaans as onderrigmedium op tersiêre vlak.

 

Die kundiges wat AfriForum nader, het die vryheid om self oor hulle invalshoek en die lengte van hulle bydrae te besluit. Hulle word gevra om in die besonder te fokus op die posisie van Afrikaans op Suid-Afrikaanse kampusse.

 

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, bly dié organisasie se standpunt dat Afrikaans as hoëfunksie- amptelike taal ’n belangrike plek op die kampusse van onder meer die Universiteit van Pretoria, Stellenbosch, die Vrystaat en Noordwes het.  AfriForum en AfriForum Jeug onderneem tans verskeie aksies, wat ook regstappe insluit, om die toekoms van die taal daar te beskerm en uit te bou.

 

“Die reg tot moedertaal-Afrikaanse onderrig is ’n basiese mense- en taalreg wat die Grondwet waarborg. Daarbenewens kan Afrikaans ook as voorbeeld ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van die ander nege inheemse amptelike tale van die land. Dit bied verder toegang aan studente uit Nederland en Vlaandere (België) wat erkenning by hulle universiteite kry vir kursusse of vakke wat hulle in Afrikaans in Suid-Afrika slaag. Afrikaanse studente kan dieselfde voorreg aan Vlaamse en Nederlandse universiteite geniet. Hierdie laasgenoemde aspek word dikwels vergeet deur diegene wat argumenteer dat Afrikaans ’n taal sonder internasionale waarde is,” het Bailey gesê.

 

Die blogs oor Afrikaans op kampusse sal van vandag af weekliks op Maandae en Donderdae op die webwerf van AfriForum (www.afriforum.co.za) gepubliseer word. Navrae of bydraes kan aan afriforum@afriforum.co.za gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button