NewsNews

Twee meisies verloor albei ouers in ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Drie persone is dood na ‘n lelike ongeluk gisteraand 11 Maart net na 18:00 in Hendrik van Eck boulevard nadat die bestuurder vermoedelik beheer verloor het en die voertuig twee voetgangers getref het. Die Srividhya Sivakumar is opslag dood en het sowat 30m vanaf die toneel gelê. Haar man Venkatasubramaniam is oppad na …

VANDERBIJLPARK. – Drie persone is dood na ‘n lelike ongeluk gisteraand 11 Maart net na 18:00 in Hendrik van Eck boulevard nadat die bestuurder vermoedelik beheer verloor het en die voertuig twee voetgangers getref het.

Die Srividhya Sivakumar is opslag dood en het sowat 30m vanaf die toneel gelê. Haar man Venkatasubramaniam is oppad na die hospitaal in die Netcare ambulans helikopter oorlede.  Die bestuurder van die voertuig, Janneman Espach is op die toneel dood verklaar. Die Sivakumar’s was te voet om kos te gaan koop toe die ongeluk gebeur het. Die polisie ondersoek die saak. Die egpaar se twee dogters Anjana en Shruthya bly tans by vriende. Die Indiese Ambassade het gereël dat familie vanaf Maandag vanuit Indië in die land sal aankom.

Venkatasubramaniam en sy vrou Srividhya wat in die ongeluk gesterf het saam met hul twee dogters Anjana Regs voor en Shruthya. (Foto: Facebook).
Venkatasubramaniam en sy vrou Srividhya Sivakumar wat in die ongeluk gesterf het saam met hul twee dogters Anjana Regs voor en Shruthya. (Foto: Facebook).
Die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. (Foto: ER24)
Die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. (Foto: ER24)
Janneman Espach
Janneman Espach (Foto: Facebook)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button