SportSport

Rebels maak geskiedenis in Sydney

Die Melbourne Rebels het vanoggend Suid-Afrikaanse tyd geskiedenis gemaak en die Australiese konferensie van die Superrugby-reeks op sy kop gekeer toe hy die Waratahs met 21-17 in Sydney geklop het.

Die Melbourne Rebels het vanoggend Suid-Afrikaanse tyd geskiedenis gemaak en die Australiese konferensie van die Superrugby-reeks op sy kop gekeer toe hy die Waratahs met 21-17 in Sydney geklop het.

Die Rebels het rustyd reeds met   21-3 voorgeloop. Die tuisspan het teruggeveg, maar kon nie keer dat die Rebels sy eerste oorwinning tot nog toe in Sydney behaal nie. Sedert 2011 was Sydney die Waratahs se bastion, maar dit het vanoggend tot ‘n einde gekom toe die Rebels die eerste keer sedert sy toetrede tot Superrugby in 2011 in Sydnet gewen het.

 

Die Rebels is tans met 17 punte die Brumbies die gesamentlike voorlopers in die Australiese konferensie.

Related Articles

 
Back to top button