Photo GalleriesSportSportSport
Sanzaar kla Sharks se afrigter aan
Die Sharks se hoofafrigter, Gary Gold, moet Dinsdag voor `n Sanzaar-tugkomitee verskyn. Die liggaam sê in `n nuusverklaring hy het `n ondersoek na beweerde optrede deur Gold met die Sharks se wedstryd op 26 Maart teen Crusaders op Kingspark afgehandel. Die kwessie is kragtens Sanzaar se tugreëls vir verhoor verwys. Die regsbeampte Nigel Hampton QC …
Die Sharks se hoofafrigter, Gary Gold, moet Dinsdag voor `n Sanzaar-tugkomitee verskyn.
Die liggaam sê in `n nuusverklaring hy het `n ondersoek na beweerde optrede deur Gold met die Sharks se wedstryd op 26 Maart teen Crusaders op Kingspark afgehandel.
Die kwessie is kragtens Sanzaar se tugreëls vir verhoor verwys.
Die regsbeampte Nigel Hampton QC sal die saak per telekonferensie aanhoor.
Luidens die verklaring sal Sanzaar geen verdere kommentaar lewer alvorens die regsproses sy loop geneem het nie. – Piet Ebersohn/Maroela Media



