Ma: “ek sal nooit vergeet toe hulle my kind in ‘n sak verby my stoot nie”
Geraldine Bennett, ma van klein Juandré Bennett, wat oorlede is na 'n mangeloperasie in die Mediclinic Vereeniging op 4 Mei 2012 is besig om huilend te getuig oor haar kind se dood.
Geraldine Bennett, ma van klein Juandré Bennett, wat oorlede is na ‘n mangeloperasie in die Mediclinic Vereeniging op 4 Mei 2012 is besig om huilend te getuig oor haar kind se dood. “Ek het dr. Kotze gevra wat gebeur het en wat aangaan en hy het gesê hy het geen verduideling nie en omgedraai en geloop.”
Geraldine is tans besig om daardie nagmerrie toe sy haar seuntjie verloor het weer te herleef. “Dit is jou kind wat daar lê, dit voel asof al jou bloed uit jou liggaam tap. Ek het dit verloor,” getuig Gerldine in trane. Sy sê toe sy hartklop begin val en sy by hom kom was hy van die ventilator af en die masjiene was af. “Ek het vir die pediater geskree en gevra hy moet my kind help, maar hy het omgedraai en geloop.” Jaundré se familie is daarna geroep om te kom groet en toe is daar foto’s geneem en hy is in ‘n sak verby ons gestoot. “Ek het gevoel asof my lewe ook moet eindig.
Hy is alleen ek is sy ma ek moet by hom wees.” Jaundré se oupa, Michael, sal volgende getuig.

https://vaalweekblad.com/7838/mangeloperasie-seuntjie-4-doodwat-gaan-met-dr-kotze-gebeur/




