CommunityLocal newsNewsNews

Francois sing drie goues los

VEREENIGING. - Francois Jenkins, 'n leerling van die Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging en wenner van die graad 4 tot 7 kategorie in Vaalweekblad se talentkompetisie, het aan Talent Africa se nasionale kompetisie deelgeneem wat van 21 tot 26 Maart in Roodepoort gehou is.

VEREENIGING. – Francois Jenkins, ‘n leerling  van die Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging en wenner van die graad 4 tot 7 kategorie in Vaalweekblad se talentkompetisie, het aan Talent Africa se nasionale kompetisie deelgeneem wat van 21 tot 26 Maart  in Roodepoort gehou is.

Francois het drie liedjies gesing en vir al drie goue medaljes ontvang. Hy is ook gekies om aan die “Showcase” vertoning deel te neem. Francois het ‘n spesiale toekenning gekry vir “Best Costume” en hy is ook gekies vir die SA-span wat Suid-Afrika in Julie vanjaar by Talent America in New York gaan verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button