CommunityLocal newsNewsNewsUpdate

Liggaam in Vaaldam was toe vermiste visserman

VAALDAM. – ‘n Lekker dag langs die viswaters het vir ‘n gesin van Meyerton in ‘n tragedie geëindig. Die gesin het Sondag gaan uitspan en hengel langs die Vaaldam op die UJ-Eiland-terrein.

VAALDAM. – ‘n Lekker dag langs die viswaters het vir ‘n gesin van Meyerton in ‘n tragedie geëindig. Die gesin het Sondag gaan uitspan en hengel langs die Vaaldam op die UJ-Eiland-terrein.

Een van die polisie se ‘Search and Rescue’ honde en sy hanteerder besig met hul soektog.
Een van die polisie se ‘Search and Rescue’ honde en sy hanteerder besig met hul soektog.

Na wat verneem word het die 42-jarige man ‘n visstok saam met hom op ‘n kano geneem terwyl hy met lyne ingeroei het. Die wind was glo redelik sterk en hy het ‘n redelike afstand vanwaar sy familie was, weggedryf. Hulle het hom skielik om hulp hoor roep. Net die punt van die kano het bo die water uitgesteek en daarna het hy en die kano onder die water verdwyn. Die voorval het laat die middag gebeur. Vaal Emergency Care was vinnig op die toneel. Duikers van die polisie se Watervleuel het Sondag na die man begin soek, maar sonder sukses.

Hulle was Maandagoggend weer daar en het tot die middag geduik, maar weens die groot gebied kon hulle hom nie opspoor nie. Hulle het selfs die hulp van Joggie Joubert, eienaar van Pondo Shades, ingeroep om met sy vliegtuig oor die dam te vlieg met die hoop dat hy die kano uit die lug sal kan sien. Dit was ook sonder sukses. Die soektog is Dinsdagoggend voortgesit. Die polisie se ‘Search and Rescue’ eenheid en een van hul honde is ook ingespan en na ‘n lang soektog is die liggam gevind op Woensdag oggend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button