CommunityLocal newsNewsNews

Vaardigheidsontwikkeling bekamp werkloosheid onder die jeug

Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor die jongste statistieke oor werkloosheid onder die jeug en armoede in die land wat onlangs deur die Statistiek SA vrygestel is.

Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor die jongste statistieke oor werkloosheid onder die jeug en armoede in die land wat onlangs deur die Statistiek SA vrygestel is.

 

Ek gaan aan Albert Fritz, Minister van Maatskaplike Ontwikkeling in die Wes-Kaap, skryf om vas te stel of die programme wat daargestel is om die indiensnemingsmoontlikhede van die jeug van voorheenbenadeelde gemeenskappe in die provinsie te bevorder, wel werk. Die jeug van hierdie gemeenskappe moet verseker wees van gehalte-onderwys en ondersteuningstelsels moet in plek wees om te sorg dat hulle op skool bly en vaardighede ontwikkel wat hulle in staat sal stel om goeie werksgeleenthede te benut.

 

Werkloosheid onder die jeug – tussen die ouderdom van 15 en 34 – staan tans op 39,5% regoor Suid-Afrika. Dit is uiters kommerwekkend. ‘n Gebrekkige opvoeding en ‘n tekort aan vaardigheide veroorsaak werkloosheid onder die jeug. Hoewel universiteite met ‘n indrukwekkende aantal inskrywings uit voorheenbenadeelde gemeenskappe kan spog, is daar ongelukkig baie jongmense wat nie hul studies voltooi nie en dus werkloos bly.

 

Dis kommerwekkend dat talle jongmense, wat werkloos is, vasgevang word in kriminele bedrywighede, soos bende-aktiwiteite en selfs by dwelmmisbruik betrokke raak. Elke jongmens in Suid-Afrika moet gehalte-onderwys ontvang, want dit is die enigste manier om armoede en ongelykheid af te skud. Die mislukking van die Nasionale Regering om die jeug in hul Grondwetlike reg tot gehalte onderwys te verseker, het ‘n verlammende uitwerking op ons samelewing en ons jeug gaan ‘n donker toekoms tegemoet.

 

Vaardigheidsontwikkelingsprogramme, wat met gehalte-onderwys gepaard gaan, speel ‘n deurslaggewende rol om armoede en misdaad uit te wis. Die DA in die Wes-Kaap is daartoe verbind om te verseker dat alle jeugdiges in die provinsie toegang het tot gehalte onderwys wat sal verseker dat hulle in diens geneem kan word. Ons moet sorg dat die beste omgewing en geleenthede daargestel word tot voordeel van al die jeug in die provinsie.

 

Die DA in die Wes-Kaap erken die belangrike rol wat onderwys speel in die vermindering van armoede en werkloosheid. Ons doen dus ‘n beroep op die jeug om van alle geleenthede gebruik  te maak en op skool te bly totdat hulle matriek bereik het.

 

#YouthLivesMatter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button