
‘n Student, wat ‘n inwoner is van ‘n spoggerige woonstel kompleks, is deur ‘n mede inwoner en sy vriene glo aangerand.
Dit nadat die student gaan kla het oor die geraas wat die groep gemaak het 02:00 in die oggend, toe hulle by die huis gekom het. Daar was glo ‘n woordewisseling nadat die student dit onder die groep se aandag gebring het dat die hek ook nou stukkend is.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die student wat aangerand is ‘n saak van aanranding gewoon by die polisie gaan aanmeld.
Hieronder is twee videos wat opgeneem is tydens die aand wat die voorval plaasgevind het. Die eerste video is geneem terwyl die groep studente by die woonstel aangekom het. Die volgende video is die woordewisseling wat gelei het na die aanranding.
Waarskuwing in beide die videos word kru-taal gereeld gebruik.
https://www.youtube.com/watch?v=d9xGzeaawgI&feature=youtu.be
https://www.youtube.com/watch?v=cWptGyWJ-aA&feature=youtu.be



