261 kg vis vir Hap en Kap die langnaweek
SASOLBURG. _ Hap en Kap hengelklub het sy naweekkamp by Rooiwalle langs die Vaaldam van 29 April tot 1 Mei 2016 gehou. 13 Hengelaars was teenwoordig wie 165 vis met gewig van 261,085 kg ingeweeg het vir punte. Die koue het nie die hengelaars of die vis afgeskrik nie. Die swaarste sak vis is gevang …
SASOLBURG. _ Hap en Kap hengelklub het sy naweekkamp by Rooiwalle langs die Vaaldam van 29 April tot 1 Mei 2016 gehou.
13 Hengelaars was teenwoordig wie 165 vis met gewig van 261,085 kg ingeweeg het vir punte. Die koue het nie die hengelaars of die vis afgeskrik nie. Die swaarste sak vis is gevang deur Teuns Colleskey met 38 visse van 66,180 kg. Hy het ook die swaarste baber (9,165 kg), karp (4,635 kg) en swaarste drie spesies (17,49 kg) ingeweeg wat sy graskarp van 3,690 kg insluit. Die swaarste graskarp was gevang deur Corrie van Rooyen (4,095 kg), geelvis deur Arno Smith (0,600 kg) en moddervis deur Leon Meyer (0,750 kg).
Die klub se volgende klubkompetisie is 21 Mei 2016 by Ardenza. Enige navrae oor die klub se aktiwiteite kan die klub sekretaris, Leon Meyer by 083 775 4639 gekontak word.



