CommunityLocal newsNewsNews

Maak nou jou hart oop vir Senekal se waterkrisis

VANDERBIJLPARK. - Min Vaaldriehoekrs besef dat daar nog dele in ons land is wat sonder water is.

VANDERBIJLPARK. – Min Vaaldriehoekrs besef dat daar nog dele in ons land is wat sonder water is.

Charles Castle, regs– en risikokoördineerder (Gemeenskapsake) van AfriForum het in ‘n noodroep gevra dat lesers moet kennis neem dat Senekal in die Vrystaat  tans nie drinkwater het nie en die hulp van die publiek dus dringend nodig het.

 

Die reëlings met betrekking tot die Senekal-waterverskaffingsprojek is as volg:

  1. Gemeenskapslede kan AfriForum in hierdie groot projek bystaan deur vervoer vir water beskikbaar te stel, deel te neem aan die konvooi-rit of water by hul dorp se versamelpunt af te laai.
  2. Alle lede in Gauteng wat wil deelneem om water aan te ry na Senekal, sal teen Vrydag hul voertuie, trokke, waentjies of bakkies by hul plaaslike waterversamelpunt moet laai om te verseker dat almal op 7 Mei om 09:00 betyds in Sasolburg aankom om van daar af na Senekal te vertrek. Almal vertrek vanaf Sasolburg Mall, h/v JB Le Rouxstraat en John Vorster-rylaan by Shoprite Checkers se parkeerarea.
  3. Enigeen wat navrae in verband met die projek het of hoe om bystand te verleen, kan Charles by (012) 644 4324 kontak.
  4. Die konvooi sal in Senekal by Engo Sentrum vir Bejaardes in Olivierstraat stop, en daarna sal die water ook na ander punte in Senekal versprei word.
  5. Water kan ook opgelaai word in Vereeniging by ‘n waterdepot op Saterdag 7 Mei by Harringtonstraat 21, Duncanville, by The Twilight Group. Indien jy ‘n trok, bakkie, kar of waentjie beskikbaar kan stel, kan daar nog water opgelaai word by die waterpunt in Vereeniging. Reëlings moet getref word, so jy moet asseblief eers vir Charles kontak om die reëlings te finaliseer.
  6. Dit is verder elke dorp se verantwoordelikheid om te verseker dat water wat ingesamel word, aangery kan word na Senekal, vir die projek om suksesvol te wees.
  7. Die AfriForum konvooi vertrek presies om 09:00 vanaf Sasolburg, so maak dus seker dat jy betyds is.

“Ons neem daagliks drinkwater as vanselfprekend, maar talle mense in ons land gaan gebuk onder ernstige nood vir die basiese benodighede soos drinkwater,” sê Charles. Charles sê hulle kort alle lede in elke gemeenskap om aktief aan hierdie inisiatief deel te neem. Sonder die publiek se deelname sal die projek faal. AfriForum sal hierdeur ‘n daadwerklike verskil in baie mense se daaglikse lewens verseker.

 

Daar is altesaam 18 AfriForum-takke in Gauteng en die Vrystaat wat gaan deelneem aan hierdie projek. As alle lede en gemeenskappe saamspan en inspring, sal hierdie as een van die grootste waterverskaffingsprojekte nog in Suid-Afrika realiseer.

 

NB: Alle drinkwater wat verskaf word kan aangekoop word by ‘n plaaslike supermark of mense met boorgatwater wat getoets is en gesertifiseer is as geskik om te drink, kan dit verskaf in JOJO tenks, “Flowbins”, of bottels. Lede wat deelneem en water uit huiskrane tap, moet seker wees dat die bottels wat gebruik word, skoon is en voorheen geen gifstowwe of soortgelyke middels bevat het wat skade aan ander kan aanrig nie. Bottels wat met drinkwater in huise gevul is, kan gemerk word met die woord “Kraanwater” op die bottel. Ons wil mense help en nie benadeel nie. Alle vervoer wat beskikbaar gestel kan word vir hierdie projek, sal baie waardeer word. Waar groot vervoertrokke verskaf kan word, kontak asseblief vir Charles by (012) 644 4324.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button