Vermiste gesin van Meyerton (Midvaal) opgespoor
MEYERTON. - Die Vosloo-gesin van Highbury in Meyerton wat op 17 April as vermis aangemeld is, is deur die polisie opgespoor, maar kruip glo doelbewus weg van familie en vriende.

MEYERTON. – Die Vosloo-gesin van Highbury in Meyerton wat op 17 April as vermis aangemeld is, is deur die polisie opgespoor, maar kruip glo doelbewus weg van familie en vriende.
Violet Susan Vosloo (45), het saam met haar drie kinders, Lee-Ann (19), Marius (23) en 16-jarige dogter verdwyn. Susan se man Marius het die spesifieke dag waarop hulle verdwyn het, by die huis gekom en gesien sy gesin is weg. Die huis se deure was oop en geen klere was weg nie. Hy het hulle agt dae later by die polisie as vermis aangemeld.
In die maand voor Susan en die kinders se verdwyning het Marius en een van sy susters ‘n Chevrolet Lumina vir R120 000 op Facebook probeer verkoop. Die selfone van die nommers wat by die advertensie geplaas is,is sedertdien afgeskakel.
Volgens konst. Maria Mazibuko, woordvoerder van die Meyerton-polisie, is Susan en haar kinders veilig, maar hulle wil nie hê iemand moet weet waar hulle is nie. “Vir hul eie veiligheid kan ons nie sê waar hulle is nie.”



