NewsNews

Gewapende roof in Bailliepark

'n Familie is omstreeks 07:00 oorval deur rowers toe hulle vanoggend (5 Mei) die huis wou verlaat.

‘n Familie is omstreeks 07:00 oorval deur rowers toe hulle vanoggend (5 Mei) die huis wou verlaat.

Die rowers het glo deur die motorhuis gekom soos die familie wou uit ry. Die eienaar van die huis het ligte kopbeserings opgedoen na die verdagtes hom oor die kop geslaan het. Hy kon egter daarin slaag om sy alarm se paniek knoppie te druk waarna Mooirivier beskerming reageer het. Nadat die paniek alarm afgegaan het, het die verdagtes gevlug.

13174018_906972189429625_8515965639185178340_n

Er24 was op die toneel om die man se beserings te behandel. Die SAPD was ook op die toneel om verder ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button