Local newsNewsNews

Man kritiek na hy beheer verloor en bakkie van brug af ry

Carla du Plessis VEREENIGING. – ‘n Man is in ‘n kritieke toestand in Mediclinic Emfuleni opgeneem nadat hy vroeg vanoggend vermoedelik beheer verloor het oor die bakkie waarmee hy gery het, en dit van ‘n brug afgery het. Die voertuig het op die hoek van Genl. Smuts- en Springboklaan in die middel van die pad …

Carla du Plessis

VEREENIGING. – ‘n Man is in ‘n kritieke toestand in Mediclinic Emfuleni opgeneem nadat hy vroeg vanoggend vermoedelik beheer verloor het oor die bakkie waarmee hy gery het, en dit van ‘n brug afgery het. Die voertuig het op die hoek van Genl. Smuts- en Springboklaan in die middel van die pad te lande gekom.

Met die aankoms van noodpersoneel van ER24 op die toneel het hulle besef die man is in die wrak vasgekeer en het hulle vinnig aan die werk gespring om hom te bevry.

Man critical when bakkie falls from bridge Man critical when bakkie falls from bridge 3

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button