Local newsNewsNews

Hordes honde doodgemaak: die storie agter die storie

VEREENIGING. – ‘n Herrie het vandeesweek op sosiale media om die koppe van die Vereeniging/Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) losgebars, toe foto’s van dooie honde deur ene mnr. Hendrik Muller op Facebook gelaai is en hy daarby geskryf het dat die DBV honde in hul massas doodmaak en dat dit elke dag gedoen word. Baie mense het …

VEREENIGING. – ‘n Herrie het vandeesweek op sosiale media om die koppe van die Vereeniging/Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) losgebars, toe foto’s van dooie honde deur ene mnr. Hendrik Muller op Facebook gelaai is en hy daarby geskryf het dat die DBV honde in hul massas doodmaak en dat dit elke dag gedoen word.

Baie mense het egter heftig op dié foto’s, wat op Facebook gedeel is, gereageer.

Yvette Wilde, wat vir baie jare by die DBV betrokke was, het egter lig op die onderwerp gewerp. Volgens haar het die voorval sowat vyf jaar gelede gebeur toe hulle noodgedwonge meer as 200 diere van die Irwin Animal Rescue Centre moes uitsit. Dit het laat geword en die Midvaal Munisipaliteit het ‘n vragmotor gestuur om die karkasse op te laai en dit te verwyder. Ongelukkig was een vragmotor te min. Werknemers van die DBV moes egter inspring en dié karkasse na hul perseel neem, waarna die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit dit die volgende oggend sou kom haal.

Die volgende oggend het werkemers van die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit gestaak en die karkasse was steeds by die DBV. Hulle het egter later ‘n vragmotor gestuur en werknemers van die DBV moes help om die karkasse van die diere op die vragmotor te laai.

“Baie trane is gedurende dié tyd gestort en dit is iets wat nie een van ons ooit weer wil beleef nie,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button