NewsNews

Gavin skietdood: Pa en seun op borgtog vrygelaat

VEREENIGING. – Die pa en seun wat op ‘n aanklag van moord op die 19-jarige Gavin Victor van Alberton teregstaan, het vandag in die Vereeniging streekhof verskyn. Landdros Kruger het hulle op borgtog van R2 000 elk vrygelaat, onder die voorwaardes dat hulle hul paspoorte sal inhandig, nie met die staatsgetuies sal kontak maak nie …

VEREENIGING. – Die pa en seun wat op ‘n aanklag van moord op die 19-jarige Gavin Victor van Alberton teregstaan, het vandag in die Vereeniging streekhof verskyn.

Landdros Kruger het hulle op borgtog van R2 000 elk vrygelaat, onder die voorwaardes dat hulle hul paspoorte sal inhandig, nie met die staatsgetuies sal kontak maak nie en elke Vrydag by die Vanderbijlpark-polisie moet aanmeld en die register teken.

Albei is inwoners van Flora Gardens in Vanderbijlpark.

Die saak is tot 7 Junie uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button