NewsNews

Polisieman kry borg vir sameswering tot moord

‘n Polisieman en drie medebeskuldigdes wat glo saamgesweer het om die ondersoekbeampte in ’n huisroofsaak te vermoor, is onlangs borgtog van R1 000 elk toegestaan.

‘n Polisieman en drie medebeskuldigdes wat glo saamgesweer het om die ondersoekbeampte in ’n huisroofsaak te vermoor, is onlangs borgtog van R1 000 elk toegestaan.
Konst. Pule Maboke (36) en sy drie medebeskuldigdes is ook aangekla van huisroof, daarom moet hulle nog in aanhouding bly om te hoor of hulle borgaansoek in die huisroofsaak ook geslaag het.
Maboke, David Mbata, Paulo Moferefere en Steven Lebepe word daarvan verdink dat hulle in April betrokke was by ’n huisroof in Ikageng, waarin die eienaar gewond en R225 000 gesteel is.
Almal behalwe Maboke is ná die rooftog op aanklagte van roof en poging tot moord gearresteer.
Maboke het na bewering sy medebeskuldigdes in die polisieselle besoek waar hulle glo gekonkel het om die ondersoekbeampte te laat vermoor.
Die eerste ondersoekbeampte in die huisroofsaak is intussen van die saak verwyder. Dit is standaardpraktyk wanneer iemand se lewe bedreig word.
Volgens lt.kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, word Maboke en sy medebeskuldigdes verbind met tot 20 sake van inbraak, diefstal en roof in Potchefstroom, Klerksdorp en Viljoenskroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button