NewsNews

Vermiste seun in Potchefstroom gevind

Dawid Stephan Smit (17) wat Woensdag(18 Mei) in Pretoria as vermis aangegee is, is Donderdagoggend in Potchefstroom gevind.

Dawid Stephan Smit (17) wat Woensdag(18 Mei) in Pretoria as vermis aangegee is, is  Donderdagoggend in Potchefstroom gevind.

Volgens Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Stephan vertel dat hy Woensdag middag omstreeks 14:20 oppad was om saam met sy vriende te gaan oefen. Oppad na die ‘gym’ is hy in ‘n parkie deur twee onbekende mans genader. Die mans het hom na bewering gegryp en hom glo forseer om ‘n pil te drink, alhoewel Smit hulle probeer teensit het, het hulle daarin geslaag om die pil in sy mond in te forseer.

“Hy het vertel dat hy gedisoriënteerd gevoel het. Hy onthou dat hy in ‘n voertuig was en dat die mans vir hom ‘n tweede pil gegee het toe hy weer begin bykom het,” het Weilbach in ‘n verklaring gesê.

Smit het bygekom waar hy alleen in ‘n veld in Potchefstroom gelê het. In die vroeë oggendure het ‘n damestudent verby hom gery waar hy langs die pad gestaan het. Sy het gestop om hom te help. Die Potchefstroom SAPD het sy ouers gekontak. Alhoewel Smit nog sy selfoon by hom gehad het, was die battery pap gewees. Hy kan nie die verdagtes of hulle voertuig beskryf nie.

Smit se ouers het op die stadium nog nie ‘n saak van ontvoering hangend gemaak nie. Sy ouers en onderwysers het hom as model kind beskryf en kan glad nie die rede vir die misdaad verduidelik nie. Sy ouers het almal bedank wat gehelp het om hulle kind terug te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button