CommunityLocal newsNewsNews

Metsimaholo se ‘Tegniese foutjie’

SASOLBURG. – Inwoners in die Metsimaholo-gebied het in Mei ‘n ‘verrassing’ gekry toe hulle hul munisipale-rekenings oopmaak.

SASOLBURG. – Inwoners in die Metsimaholo-gebied het in Mei ‘n ‘verrassing’ gekry toe hulle hul munisipale-rekenings oopmaak.

Bedrae wat wissel van R4 000 tot ver oor die R100 000, is as ‘interest on arrears’ by hul maandelikse rekening gevoeg. Metsimaholo inwoners kan egter ontspan. Dit was blykbaar net ‘n ‘tegniese foutjie’ wat ingesluip het. Die ‘interest on arrears’ bedrag kan geïgnoreer word en slegs die bedrag wat lees ‘current’ hoef betaal te word. Hoewel hierdie buitensporige bedrae slegs ‘n foutjie was, het inwoners, nadat hulle van die skok herstel het, egter steeds baie klagtes oor die munisipale rekenings gehad. Hierdie groot bedrae was nou net “the straw that broke the camel’s back”, soos die Engelse sê. Volgens ‘n horde Vaalweekbladlesers wat e-posse gestuur het, is die munisipale rekenings reeds vir maande ‘n probleem. Volgens Fanie (sy van word weerhou), is die munisipale rekenings al sedert November 2015 in Sasolburg ‘n groter gemors as ooit. “Die eerste verskoning is dat die waterlesing vir basies 12 maande nooit geneem is nie, maar geskat is. Skynbaar kon die meterlesers nie lees nie. Toe die meters wel gelees is, het die meeste mense enorme rekenings gekry.

Een van die rekenings waarmee Metsimaholo inwoners in Mei verras is.
Een van die rekenings waarmee Metsimaholo inwoners in Mei verras is.

“Daarvandaan was dit die normale rekenings wat nooit op datum is nie. Betalings van die vorige maand reflekteer basies nooit op die volgende rekening nie. Maar die Mei 2016 rekenings het die koek gevat. Skielik was alle munisipale rekenings agterstallig en rente van duisende rand tot honderde duisende is gehef. In geeneen van hierdie gevalle was daar enige waarskuwing of verskoning van die Metsimaholo Munisipaliteit nie. Inwoners moet maar op die “grape vine” staatmaak om agter te kom wat aangaan”. Hierdie is maar een van vele soortgelyke klagtes wat Vaalweekblad ontvang het. Van die ander klagtes is oor die bedrae van rekenings wat verskil wanneer mens bel om te hoor wat dit is, en wanneer jy jou rekening ontvang. ‘n Klagte wat van die lesers ook het is oor die “pre-paid” kragmeters.

Blykbaar word jy ‘n ‘boete’ van R57 per maand gehef as jy nie een in jou huis het nie, maar die waglys om een te installeer is blykbaar baie lank. Al het jy vir een geregistreer, kan dit maande neem totdat dit geïnstalleer word. Tot dan moet jy daardie bedrag betaal. Om al die klagtes wat ontvang is te lys, gaan ‘n ekstra koerant nodig wees, so ons sluit dit hier af. Lesers moet net bewus wees daarvan dat die Mei-rekenings se “interest on arrears” ‘n foutjie was en nie betaal hoef te word nie. Oor die res, net die tyd sal leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button