Gorilla doodgeskiet in dieretuin
‘n Bom het op sosiale media gebars na ‘n vierjarige seuntjie, Isaiah Dickerson in ‘n Gorilla-hok (omheining) by die Cincinatti Zoo in Ohio geval het. Beeldmateriaal wys hoe die 17-jarige gorilla, Harambe, eers voor die seuntjie staan en daarna hom deur die water trek. Sommige sê mens kan sien hoe die seuntjie en Harambe hande …
‘n Bom het op sosiale media gebars na ‘n vierjarige seuntjie, Isaiah Dickerson in ‘n Gorilla-hok (omheining) by die Cincinatti Zoo in Ohio geval het.

Beeldmateriaal wys hoe die 17-jarige gorilla, Harambe, eers voor die seuntjie staan en daarna hom deur die water trek. Sommige sê mens kan sien hoe die seuntjie en Harambe hande vashou voor hy hom weer deur die water trek.
Harambe is egter doodgeskiet om die seuntjie uit die hok te bevry. Terwyl baie mense voel dit was die regte ding om daardie tyd te doen, voel ander weer heeltemal die teenoorgestelde. Die ma van die seuntjie, Michelle Gregg kry veral negatiewe kommentaar en beledigings word haar toegesnou dat sy nalatig was en beter na haar kind moes kyk. Sy het egter in ‘n verklaring die volgende gesê: “God het my seuntjie beskerm tot owerhede hom uit die hok kon red. My seun is veilig en hy het weggestap met harsingskudding en ‘n paar krapmerke. Hy het geen gebreekte bene of interne beserings opgedoen nie. Die samelewing is vinnig om te oordeel hoe ‘n ouer hul oë van hul kind kan afhaal, maar almal wat my ken weet ek hou altyd ‘n wakende oog oor my kinders. Ongelukke gebeur.”

Die dierekenner, Jack Hanna stem volkome saam met die keuse wat deur die afgevaardigdes van die dieretuin gemaak is om die seun se lewe te red.

Daar is intussen ‘n nuwe groep, Justice for Harambe, gestig wat glo dat dit nie die dieretuin se skuld was nie, maar die ma van die seuntjie en dat ondersoek ingestel moet word oor die omstandighede waarin die kind bly, omdat dié nalatigheid dalk reflekteer oor hoe dit by die huis ook gaan.
Baie voel ook dat Harambe in ‘n hok gehou was vir menslike plesier en toe dood is as gevolg van ‘n menslike fout. Ander meen weer die draad wat jou keer om in die hok in te gaan, is te laag.
Die dag na Harambe doodgeskiet is, het honderde mense ‘n huldeblyk aan hom gebring deur blomme by die dieretuin neer te sit en met plakkate waarop onder meer, “R.I.P. Harambe” en “I am sorry the zoo let you down Harambe,” gestaan het.

Kyl video hier:
https://www.independent.co.uk/news/world/americas/cincinnati-zoo-gorilla-killing-thousands-sign-justice-for-harambe-petition-a7057161.html





