Egpaar se eerste valskermsprong – Video
DENEYSVILLE. – Die Skydive on Vaal valskermklub net buite Deneysville het hierdie naweek Saterdag 4 en Sondag 5 Junie ‘n ope dag gehou met valskermspringers, vlieënier en die publiek wat elke oomblik van die skoon lug en perfekte weer benut het. Nie net was daar professionele valskermspringers nie maar het ‘n getroude paartjie van Pretoria hulle eerste …
DENEYSVILLE. – Die Skydive on Vaal valskermklub net buite Deneysville het hierdie naweek Saterdag 4 en Sondag 5 Junie ‘n ope dag gehou met valskermspringers, vlieënier en die publiek wat elke oomblik van die skoon lug en perfekte weer benut het.
Nie net was daar professionele valskermspringers nie maar het ‘n getroude paartjie van Pretoria hulle eerste sprong saam aangepak. Op ‘n laer hoogte van net so oor die een kilometer (3500 voet), het Francois Booysen (31) en sy vrou Nadia (28), na hul daglange opleiding en met die hulp grondlangs van intrukteur Derek Liversage, hul eerste sprong die dag gedoen. “Awsome, dit is verskriklik mooi daarbo,” vertel Nadia. Volgens Francois gaan dit nie die laaste keer wees wat hul spring nie. LEES VERDER IN VAALWEEKBLAD 8 JUNIE. Video: Jannie du Plessis en Teresa Holloway.



