NewsNews

Man in hegtenis na student beroof word

’n Student is Saterdagaand omstreeks 21:55 op die hoek van Esselen en Presidentstraat van haar selfoon beroof.

’n Student is Saterdagaand omstreeks 21:55 op die hoek van Esselen en Presidentstraat van haar selfoon beroof.
Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou besig om van kampus af huis toe te loop. Sy is deur ’n onbekende man voorgekeer wie gevra het of hy haar selfoon kan leen om ’n oproep te maak. Die 22 jarige student het ingestem om te help waarna sy die man gevra het wat die nommer is wat hy wil skakel. Terwyl sy die nommer ingetik het, het die man haar selfoon uit haar hand uit gegryp en gevlug. Sy het dadelik die saak by die SAPD gaan aanmeld.
Volgens Chaka, het die polisie dadelik reageer om die verdagte in die area te probeer opspoor. Alhoewel die verdagte nie in die onmiddellike area gevind was nie het informasie deurgekom dat die selfoon in Reitzstraat geruil word. Die polisie het die selfoon tot in Reitzstraat nagespoor waar dit in die besit van ’n Nigeriese man gevind is.
die Nigeriër het aan die polisie verduidelik dat iemand vroeër na hom toe gekom het om die selfoon veilig te hou, hy het aan die man R500 betaal om die foon by hom te hou.
Die polisie het die 45 jarige Nigeriër in hegtenis geneem op aanklag van besit van gesteelde goedere. Daar word ook ’n saak van roof gewoon ondersoek.
Brig. Sebang Molate, Potchesftroom stasiebevelvoerder, het die lede betrokke geluk gewens met die goeie werk wat gedoen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button