CommunityLocal newsNewsNews

Hond bloei na skeer

VANDERBIJLPARK. - ‘n Mens vertrou jou diere toe aan professionele mense, maar sulke diens is nie altyd wat jy kry nie.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Mens vertrou jou diere toe aan professionele mense, maar sulke diens is nie altyd wat jy kry nie.

Mnr. Lourens Coetzee het in November verlede jaar sy honde laat skeer en knip by ‘n onderneming in Vaalpark wat volgens hulle webwerf sê: “We have a well established grooming parlour that is in a stress-free environment.” Volgens Elaine Hayward, Lourens se dogter, sê die onderneming ook dat hulle professionele skeerders het en dat die skeerproses onder ’n veearts se toesig geskied. Volgens Elaine het haar pa ook bykomende bedrae betaal om die honde op sy perseel te laat haal en te laat inspuit, sodat hulle kan slaap terwyl hulle geskeer word. Die honde is later die middag aan haar pa terugbesorg. Haar pa het egter agtergekom sy hond reageer nie soos gewoonlik nie. Die hond het onmiddellik net gaan plat lê en na ondersoek ingestel is, het hy die merke aan die hond se maag gesien.

“My pa het die onderneming gekontak. Hulle het geensins verskoning gemaak nie en net salf voorgeskryf wat ons kon gebruik,” vertel Elaine. Louwrens het geweier om die bedrag wat aan hulle verskuldig is te betaal, nadat sy honde in so ‘n slegte toestand aan hom terugbesorg is. Die betrokke onderneming het dit net afgelag en het hom oorgegee aan prokureurs in Sasolburg vir die invordering van die geld.
Om sy kredietrekord te beskerm, het hy die geld betaal, saam met ‘n paar duisend rand ekstra wat dit hom gekos het vir die prokureur, wat verregaande was. Hy het egter besluit dat hy dit nie daar sal laat nie. “Die publiek en mense moet besef wat gebeur met hul troeteldiere as hulle dink hulle stuur die diere om versorg te word,” sê Elaine.
“Die plek is pateties en het geen menslikheid of gevoel as dit by die welstand van die diere kom nie,” sê sy.
* Die onderneming se naam word weerhou, maar hulle kan Vaalweekblad kontak by 016 950 7000 indien hul hierop wil reageer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button